Exodus 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het dit elke môre bymekaargemaak, elkeen volgens sy eet; en as die son warm word, het dit gesmelt. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het voortaan elke oggend kos gaan bymekaarmaak volgens elkeen se behoefte. Namate dit in die dag warmer geword het, het die kos wat nie opgetel is nie, verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het dit vroeg elke oggend bymekaargemaak, volgens elkeen se behoefte, maar net as die son begin bak, het dit weggesmelt. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit elke oggend bymekaargemaak, elkeen soveel as wat hy kon eet; maar as die son warm word, het dit weggesmelt. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het elke oggend die manna opgetel, elkeen het genoeg opgetel om te eet, hy het nie méér opgetel nie. Wanneer dit later warm geword het, dan het die manna gesmelt wat hulle nie opgetel het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het elke oggend vroeg gegaan en bymekaargemaak wat hulle nodig gehad het. Wanneer die son later op die grond begin bak, het alles wat nie opgetel is nie, weggesmelt. |