Exodus 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het nie na Moses geluister nie; maar sommige van hulle het daarvan oorgebly tot die môre toe, en dit het wurms gekweek en gestink; en Moses was kwaad vir hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog was daar mense wat nie na Moses geluister het nie. Hulle het daarvan laat oorbly vir die volgende oggend. Daar het toe wurms in gekom sodat dit baie sleg geruik het. Moses was baie kwaad vir hulle.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
Afrikaans 1983 Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. Moses was woedend oor wat hulle gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het nie na Moses geluister nie. Party het daarvan oorgehou tot die volgende oggend, maar dit was vol maaiers en het gestink. Moses was woedend vir hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Israeliete het nie geluister na Moses nie. Hulle het van die kos gelos tot die volgende oggend. Daar het toe wurms in die kos gekom, en die kos het sleg geword. Moses was baie kwaad vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ongelukkig mense wat nie na Moses geluister het nie. Hulle het daarvan tot die volgende oggend laat oorbly. Daar het toe goggas in gekom en dit het sleg geruik. Moses het vies geword vir hulle.