Exodus 16:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit met 'n gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oor gehad nie, en hy wat min ingesamel het, het geen gebrek gehad nie; hulle het elkeen bymekaargemaak volgens sy eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle dit afmeet, was dit presies reg. Dié wat baie opgetel het, het niks oorgehou nie. Dié wat min opgetel het, het nie te min gehad nie. Daar was net mooi genoeg vir elkeen om van te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel. |
| Afrikaans 1983 | en toe hulle dit met 'n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met 'n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle dit met 'n omer meet, het dié wat baie opgetel het, nie te veel gehad nie, en dié wat min opgetel het, nie te min gehad nie. Wat elkeen nodig gehad het om te eet, het hulle bymekaargemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe hulle dit met die kruik gemeet het, was dit genoeg. Elkeen wat baie opgetel het, het nie te veel vir sy huisgesin gehad nie, en elkeen wat min opgetel het, het nie te min vir sy huisgesin gehad nie. Elkeen het genoeg opgetel vir sy huisgesin, hy het nie méér opgetel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was net mooi genoeg vir elke dag. Dié wat baie opgetel het, het nie te veel gehad nie. Daar was ook nie te min vir dié wat minder opgetel het nie. Daar was elke dag net mooi genoeg vir elkeen om te eet. |