Exodus 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Dit is manna, want hulle het nie geweet wat dit was nie. Toe sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE aan julle gegee het om te eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete was verwonderd toe hulle dit sien. Hulle het vir mekaar gevra: “Wat is dit hierdie?” want hulle het dit nie geken nie. Moses antwoord hulle: “Dit is die kos wat die Here vir julle gee om van te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit dié?” want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sê Moses vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit?” Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Moses sê toe vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gegee het om te eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “ Manna, wat is dit?” Hulle het nie geweet wat dit is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het nie geweet wat dit was nie. Hulle het vir mekaar gevra: “Wat is dit?” Moses sê toe vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet. |