Exodus 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet, en in die môre sal julle versadig word van brood; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het die gekla van die volk gehoor. Sê vir hulle: ‘Julle sal teen skemer vleis hê om te eet en môre-oggend brood om van versadig te word. Julle sal dan weet dat Ek die Here julle God is.’”
Afrikaans 1933/1953 Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.
Afrikaans 1983 “Ek het die verset van die Israeliete opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het die gemor van die Israeliete gehoor. Praat met hulle en sê, ‘Laatmiddag sal julle vleis eet, en in die oggend sal julle versadig wees van brood. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het gehoor wat die Israeliete praat. Sê vir hulle: ‘Vanaand sal julle vleis eet en môre-oggend sal julle baie kos hê, meer as genoeg. Dan sal julle weet dat Ek julle God die Here is.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het die Israeliete se gekla gehoor. Sê tog vir hulle: ‘Teen vanaand se kant sal julle vleis hê om te eet. Julle sal julle môreoggend versadig eet aan brood. Julle sal dan besef dat Ek, die Here, julle God is wat self vir julle sorg.’”