Exodus 16:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Aäron met die hele vergadering van die kinders van Israel gespreek het, het hulle na die woestyn gekyk, en kyk, die heerlikheid van die HERE het in die wolk verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Aäron besig was om met hulle te praat, het hulle na die woestyn toe gedraai. Hulle kon in die wolkkolom wat voor hulle uitgegaan het, sien hoe groot God is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Aäron dit vir hulle gesê het, kyk die Israeliete na die woestyn se kant toe om, en toe word die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar in die wolk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net nadat Aäron met die hele volksvergadering van die Israeliete gepraat het, het hulle in die rigting van die woestyn gedraai, en kyk, die heerlikheid van die Here het in 'n wolk verskyn! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Aäron met al die Israeliete gepraat het, het hulle omgedraai en na die woestyn gekyk. Hulle het in 'n wolk die lig gesien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Aäron nog met hulle praat, het hulle in die rigting van die woestyn gekyk. Daar het hulle die Here se grootheid gesien. Dit het gelyk soos ’n helder lig wat binne-in ’n wolk skyn. |