Exodus 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het van Elim af weggetrek, en die hele vergadering van die kinders van Israel het in die woestyn Sin gekom wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete is weg van Elim af en het by die Sinwoestyn tussen Elim en die Sinaiberg aangekom. Dit was ’n maand nadat hulle uit Egipte weg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand nhulle uittog uit Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lê. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het van Elim af weggetrek en die hele volksvergadering van die Israeliete het in die Sinwoestyn aangekom, wat tussen Elim en Sinai lê. Dit was op die vyftiende dag van die tweede maand nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die Israeliete weggegaan het van Elim, het hulle in die Sin-woestyn gekom. Dit was tussen Elim en Sinai. Dit was die 15de dag van die tweede maand nadat hulle weggegaan het uit Egipte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die vyftiende dag van die tweede maand nadat hulle uit Egipte weg is, het die Israeliete van Elim af in die Sinwoestyn aangekom. Dit is tussen Elim en Sinai. |