Exodus 15:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, ek sal inhaal, ek sal buit verdeel; my begeerlikheid sal op hulle versadig word; Ek sal my swaard trek, my hand sal hulle vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyand het gesê: Ek sal hulle agternasit; ek sal hulle inhaal en vernietig, ek sal hulle plunder; ek sal my op hulle wreek, ek sal my swaard uitpluk; ek sal hulle met geweld verwoes.
Afrikaans 1933/1953 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.
Afrikaans 1983 Die vyand sê: ‘Ek sal hulle agtervolg en inhaal, ek sal die buit verdeel, ek sal my sin kry, ek sal my swaard trek, my hand sal hulle verslaan.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die vyand het gesê, ‘Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel; my begeerte sal vervul word. Ek sal my swaard trek, my hand sal hulle onderwerp.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande het gesê: ‘Ons sal die Israeliete volg en jaag en ons sal hulle vang. Ons sal hulle goed vat en ons sal dit tussen ons verdeel. Ons sal alles kry wat ons wil hê. Ons sal ons swaarde uithaal en ons sal hulle doodmaak.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die vyand het gesê: ‘Ek sal Israel agtervolg en hulle aan die nek gryp. Ek sal alles by hulle vat wat ek wil. Ek sal my swaard uitpluk en hulle teen die grond vasdruk.’