Exodus 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En met die geblaas van jou neusgate het die waters saamgevat, die strome het regop gestaan soos 'n hoop, en die dieptes het stol geword in die hart van die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het op die water geblaas en dit het opgedam! Die water het opgestapel soos ’n muur; waters in die middel van die see het soos ys gestol. |
| Afrikaans 1933/1953 | En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos 'n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see. |
| Afrikaans 1983 | U wind het gewaai: die water dam op, strome staan regop soos 'n muur, watermassas stol in die hart van die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur die asem uit u neus het die water opgedam, het die seestrome gaan staan soos in 'n dam, het die watermassa in die hart van die see gestol. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die asem wat uit u neus kom, is soos 'n sterk wind. Dit het die water gekeer, en die water het hoog gestaan soos 'n muur, die diep water in die middel van die see het stil geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “U het die see opgedam toe U daarop geblaas het. Die watergolwe het gaan stilstaan soos ’n dam water. Die watergewoel het binne-in die see gaan vassteek. |