Exodus 15:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die grootheid van U hoogheid het U die wat teen U opgestaan het, omvergewerp; U het U grimmigheid uitgestuur wat hulle soos stoppels verteer het.
Afrikaans (NLV) 2011 U is geweldig hoog. U verpletter hulle wat U probeer teenstaan. U woede bars los, U verwoes hulle soos vuur wat gras verbrand.
Afrikaans 1933/1953 En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.
Afrikaans 1983 U is hoog verhewe, U vernietig wie teen U opstaan, U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In u hoë verhewenheid breek U hulle af wat teen U opstaan. U gee u toorngloed vrye teuels, dit verteer hulle soos strooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, U is die Groot God, U trap almal plat wat teen U oorlog wil maak. As U kwaad is, dan brand U hulle weg soos droë gras.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U is geweldig hoog. U slaan elkeen plat wat teen U probeer opstaan. U woede kom op hulle af. Dit vreet hulle weg soos vuur droë gras verslind.