Exodus 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U regterhand, HERE, het heerlik geword in krag; U regterhand, HERE, het die vyand verpletter. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U regterhand, Here, is sterk. U regterhand, Here, verbrysel die vyand. |
| Afrikaans 1933/1953 | o HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand. |
| Afrikaans 1983 | U regterhand, Here, gedug in sy krag, u regterhand, Here, verpletter die vyand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ U regterhand, Here – majestueus in krag; U regterhand, Here, vernietig die vyand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, u regter-hand is baie sterk, u regter-hand, Here, slaan die vyand dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “U regterhand, Here, is verskriklik sterk. U regterhand, Here, maal die vyand stukkend. |