Exodus 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Farao se strydwaens en sy leër het hy in die see gegooi; ook het sy uitverkore owerstes in die Skelfsee verdrink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao se oorlogwaens en weermag het Hy in die see gegooi. Die dapperste van die farao se offisiere het in die Rietsee verdrink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink. |
| Afrikaans 1983 | Die strydwaens van die farao en ook sy leër het Hy in die see geslinger. Die keur van Egipte se offisiere is in die Rietsee gedompel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao se strydwaens en sy leër het Hy in die see geslinger; die keur van sy offisiere het weggesink in die Rietsee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die farao se oorlogkarre en sy soldate in die see gegooi, die farao se beste soldate het in die Riet-see verdrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Farao se oorlogswaens en sy leër het Hy in die see gesmyt. Sy beste offisiere is onder in die Rietsee. |