Exodus 15:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het by Elim aangekom, waar twaalf waterputte en sestig palmbome was; en hulle het daar by die water laer opgeslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle van Mara af weg is, het hulle by Elim gekom. Daar was ’n oase met twaalf fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar kamp opgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome en daar by die water kamp opgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het hulle by Elim aangekom, waar daar twaalf fonteine en sewentig dadelpalms was. Hulle het daar langs die water kamp opgeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het toe by Elim gekom. Daar was 12 fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar by die water hulle tente opgeslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is van daar af weg en het by Elim aangekom. Daar was ’n oase met twaalf fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar by die water kamp opgeslaan.