Exodus 15:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En gesê: As jy ywerig na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë en na sy gebooie luister en al sy insettinge onderhou, sal Ek geeneen van hierdie siektes oplê nie, jou wat Ek oor die Egiptenaars gebring het, want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle goed luister na die Here julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie. Ek is die Here wat julle gesond sal hou.”
Afrikaans 1933/1953 en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “As jy noukeurig luister na die stem van die Here jou God, doen wat reg is in sy oë, aandag gee aan sy gebooie en al sy vaste voorskrifte nakom, dan sal Ek nie een van die siektes wat Ek op die Egiptenare gelaai het, oor jou bring nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek sê. Ek is julle God die Here. Julle moet doen wat Ek wil hê. Julle moet gehoorsaam wees aan my wette. Dan sal Ek julle nie siek maak soos Ek die Egiptenaars siek gemaak het nie, want Ek is die Here wat julle gesond maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gesê: “Jy moet baie goed luister na die Here jou God. Jy moet alles doen wat vir Hom reg is. Jy moet fyn luister na die wette wat Hy vir jou gee. Jy moet alles doen wat Hy van jou vra. As jy dit doen, sal Ek sorg dat jy nie dieselfde ellendes oorkom as Egipte nie. Ek is die Here. Ek sal sorg dat jy gesond bly.”