Exodus 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die HERE aangeroep; en die HERE het hom 'n boom gewys wat Hy in die water gegooi het, en die waters soet geword het; daar het Hy vir hulle 'n insetting en 'n verordening gemaak, en hulle daar beproef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het hulp by die Here gaan soek. Die Here het vir hom ’n stuk hout uitgewys. Hy het dit gevat en in die water gegooi. Dit het die water drinkbaar gemaak. Dit was hier by Mara waar die Here die volgende reëling getref het om hulle te toets: |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef |
| Afrikaans 1983 | Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle 'n vaste reël neergelê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het na die Here om hulp geroep; en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Moses het dit in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here vir hulle 'n vaste voorskrif en 'n bepaling neergelê; daar het Hy hulle getoets. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir hom 'n stuk hout gewys. Moses het dit op die water gegooi, en die water het soet geword. Die Here wou kyk of die Israeliete gehoorsaam sal bly aan Hom. Hy het vir hulle wette gegee |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het by die Here hulp gaan vra. Die Here wys toe vir hom ’n stuk hout wat hy in die water moet gooi. Nadat hy dit gedoen het, het die water drinkbaar geword. Dit was ook daar waar die Here vir hulle reëls en regulasies gegee het. Hy wou hulle daarmee toets om agter te kom of hulle bereid was om na Hom te luister. |