Exodus 15:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Mirjam antwoord hulle: Sing tot eer van die HERE, want Hy het heerlik geseëvier; die perd en sy ruiter het hy in die see gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing vir die Here, want Hy is geweldig hoog. Perd en ruiter het Hy in die see gegooi.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp. |
| Afrikaans 1983 | Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing tot eer van die Here omdat Hy hoog verhewe is. Perd en ruiter het Hy in die see geslinger.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mirjam het vir hulle die refrein gesing: “Sing vir die Here, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see geslinger.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mirjam het vir hulle gesê: “Sing vir die Here, want Hy is die Groot God. Hy het die perde en die manne wat op hulle ry, in die see gegooi.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het hulle uitgenooi om saam met haar te sing: “Kom ons sing vir die Here ’n lied. Hy is geweldig groot. Hy het die perd en die oorlogswa in die see gegooi.” |