Exodus 15:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het agter haar aan uitgegaan met tamboere en met koordanse.
Afrikaans (NLV) 2011 Mirjam was ’n vroulike profeet. Sy was Aäron se suster. Sy het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het agter haar aan gedans terwyl hulle op tamboeryne slaan.
Afrikaans 1933/1953 En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.
Afrikaans 1983 Mirjam die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, 'n tamboeryn in haar hand geneem, en al die vroue het agter haar aan uitgegaan met tamboeryne en in 'n kring gedans.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses se suster, Mirjam, was 'n profeet. Sy het 'n tamboeryn in haar hand geneem. Al die vroue het ook tamboeryne geneem en hulle het haar gevolg. Hulle het gedans.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron se suster Miriam was ’n boodskapper van die Here. Sy het ’n tamboeryn gevat en begin dans. Al die vroue het agter haar aan gedans en op hulle tamboeryne geslaan.