Exodus 15:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die perd van Farao het met sy strydwaens en met sy ruiters die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle teruggebring; maar die kinders van Israel het op droë grond in die middel van die see getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Werklikwaar! Toe die perde van die farao, sy oorlogwaens en hulle bemanning deur die see wou gaan, het die Here die water van die see op hulle laat instort. Die Israeliete was reeds droogvoets deur die see toe dit gebeur het.
Afrikaans 1933/1953 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
Afrikaans 1983 Waarlik, toe die perde van die farao met strydwaens en bemanning die see ingegaan het, het die Here die water van die see oor hulle laat terugvloei, maar die Israeliete het op droë grond daardeur gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die perde van die farao, met sy strydwaens en bemanning, het in die see ingegaan, en die Here het die water van die see oor hulle laat terugvloei. Maar die Israeliete het op droë grond in die middel van die see deurgetrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, toe die farao se perde en oorlogkarre en die manne daarop in die see ingegaan het, het die Here die see se water laat terugkom oor hulle, maar die Israeliete het op die grond deur die see gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was regtig so. Die Here het die water van die see oor die farao se perde en oorlogswaens en bemanning laat terugspoel toe hulle daardeur wou gaan. Toe die Israeliete daar deurgegaan het, was dit nog droë grond.