Exodus 15:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U moet hulle inbring en hulle plant op die berg van U erfdeel, op die plek, HERE, wat U vir U gemaak het om in te woon, in die heiligdom, o HERE, wat U hande gevestig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U sal hulle inbring en laat woon op die berg wat aan U behoort die plek wat U gekies het as woonplek, Here, die heiligdom wat U gemaak het met u eie hande, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here! |
| Afrikaans 1983 | U het hulle ingebring, U het hulle geplant op die berg wat aan U behoort. Here, U het 'n plek vir u troon voorberei, u hande, Here, het 'n gewyde plek gereed gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U sal hulle inbring en plant op die berg van u erfgrond, die plek wat U voorberei het vir u verblyf, Here, die heiligdom, my Heer, wat u hande gevestig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het ons gebring en U het ons laat woon op die berg wat aan U behoort. Dit is die plek wat U reggemaak het vir u troon, u gewyde plek wat U self reggemaak het met u hande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U sal u volk bring en hulle op u berg laat woon. Op die plek, Here, waar U gekies het om te woon. Die plek, Heer, waar U vir Uself ’n plek vir aanbidding gemaak het. |