Exodus 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vrees en vrees sal op hulle val; deur die grootheid van U arm sal hulle stil wees soos 'n klip; totdat U volk deurtrek, o HERE, totdat die volk deurtrek wat U gekoop het.
Afrikaans (NLV) 2011 Verskrikking en vrees oorval hulle omdat U so sterk is. Hulle sal tjoepstil wees, Here, as u volk by hulle verbytrek, u volk wat U vir Uself gekoop het.
Afrikaans 1933/1953 Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos 'n klip, terwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
Afrikaans 1983 Vrees en angs het hulle oorval, u magtige dade het hulle laat versteen toe u volk deurtrek, Here, toe die volk wat U u eie gemaak het, deurtrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verskrikking en vrees sal hulle oorval; vanweë u magtige arm raak hulle stil soos 'n klip, totdat u volk, Here, verbytrek, totdat die volk wat U gekoop het, verbytrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het geskrik en hulle was baie bang. Hulle het stil gaan staan soos 'n dooie klip toe hulle hoor hoe sterk U is. Here, in daardie tyd het ons, die volk wat aan u behoort, hier deur die water gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vrees en angs sal oor hulle kom. Hulle sal versteen staan voor u groot krag. Hulle sal vasgenael bly staan, Here, terwyl u volk by hulle verbytrek, die volk wat U vir Uself gekoop het, sal ongehinderd by hulle verbygaan.