Exodus 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het in U goedertierenheid die volk gelei wat U verlos het; U het hulle in U sterkte na U heilige woning gelei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie volk wat U gered het, lei U met liefde. U sal hulle lei met u krag na die plek waar u Naam heers.
Afrikaans 1933/1953 U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.
Afrikaans 1983 Deur u trou het U die volk gelei wat deur U verlos is, hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Deur u troue liefde sal U die volk lei wat U gered het. Deur u krag sal U hulle begelei na u heilige woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het gedoen wat U belowe het, U het u volk verlos en gelei. U het met u krag u volk gebring na u gewyde woonplek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Met u liefde wat so getrou bly, lei U die volk wat U losgekoop het. Met u groot krag vat U hulle na die land waar u groot Naam gaan woon.