Exodus 15:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is soos U, o HERE, onder die gode? wie is soos U, roemryk in heiligheid, verskrik in lofsange, doen wonders?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie van die gode kan met U vergelyk word, Here? Wie is so hoog en heerlik soos U? Wie is so vreesaanjaend groot? Wie kan sulke wondere doen soos wat U laat gebeur?
Afrikaans 1933/1953 o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Afrikaans 1983 Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig? In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wie is soos U onder die gode, Here? Wie is soos U, majestueus in heiligheid, ontsagwekkend in lofwaardige dade? U wat wonders doen,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, wie is soos U? Nie een van die gode nie. Wie kan doen wat U kan doen? Wie is so heilig soos U? Niemand nie. Almal eer U en sing van die wonderlike dinge wat U doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie is daar onder dié wat sterk is, wat met U vergelyk kan word, Here? Wie is daar nog wat so hoog bo almal en alles uittoring? Wie kan sulke wonderlike dinge doen? Wie kan sulke wonderwerke laat gebeur?