Exodus 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het met U wind gewaai, die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe U op die see geblaas het, het die see oor hulle gespoel. Hulle het soos lood gesink in die massas water. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters. |
| Afrikaans 1983 | “U laat u wind waai: die see oordek hulle, hulle sink soos lood in die magtige waters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het met u asem geblaas, die see het hulle verswelg; soos lood het hulle gesink in die magtige waters. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar U het u wind laat waai, en die see het hulle toegemaak. Hulle het soos lood in die diep water gesink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “U het met u asem oor hulle geblaas en die see het hulle ingesluk. Hulle het soos lood gesink in daardie geweldige waters. |