Exodus 15:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing en gespreek en gesê: Ek wil tot eer van die HERE sing, want Hy het heerlik geseëvier; die perd en sy ruiter het Hy in die see gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses en die Israeliete het toe hierdie lied vir die Here gesing: Ek wil oor die Here sing, want Hy is geweldig groot; Hy het perd en oorlogwa in die see gesmyt.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
Afrikaans 1983 Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Moses en die Israeliete hierdie lied vir die Here gesing. Hulle het gesê: “Ek wil sing vir die Here, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see geslinger.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Moses en die Israeliete hierdie lied vir die Here gesing. Hulle het gesê: “Ek wil sing vir die Here, want Hy is die Groot God. Hy het die perde en die manne wat op hulle ry, in die see gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses en die Israeliete het toe ’n lied vir die Here gesing. Dit gaan so: “Ek wil oor die Here sing. Hy is geweldig groot. Hy gooi die perd en die oorlogswa in die see.