Exodus 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Egiptenaars het hulle agternagejaag, al die perde en strydwaens van Farao en sy ruiters en sy leër, en hulle het hulle ingehaal wat by die see laer opgeslaan het, langs Pi-Hagirot, voor Baäl-Sefon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Egipte het hulle agternagejaag met al hulle perde, Farao se oorlogwaens, sy ruiters en sy leër. Hulle het die Israeliete ingehaal waar hulle kamp opgeslaan het langs die see naby Pi-Hagirot oorkant Baäl-Sefon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Egiptenaars het hulle agtervolg -- al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag -- en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-H girot, voor Baäl-Sefon. |
| Afrikaans 1983 | Die Egiptenaars het hulle agtervolg, en al die strydwaens van die farao met bemanning en leërmag het hulle ingehaal terwyl hulle besig was om by die see kamp op te slaan, naby Pi-Hagirot regoor Baäl-Sefon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Egiptenare het hulle agtervolg. Die hele strydwamag van die farao, sy bemanning en sy leërmag het hulle ingehaal waar hulle by die see besig was om kamp op te slaan by Pi-Hagirot voor Baäl-Sefon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars het die Israeliete gevolg en gejaag. Die manne op die farao se oorlogkarre en sy soldate het tot by die Israeliete gekom. Die Israeliete se kamp was by die see, by Pi-Hagirot naby Baäl-Sefon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptenaars met die farao se oorlogswaens en sy perde en sy hele leërmag is agter die Israeliete aan. Hulle het die Israeliete ingehaal waar hulle by die see kamp opgeslaan het by Pi-Hagirot, regoor Baäl-Sefon. |