Exodus 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, en hy het die kinders van Israel agternagejaag, en die kinders van Israel het met 'n hoë hand uitgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die farao, Egipte se koning, vasberade gemaak. Hy het die Israeliete wat so maklik weggekom het, agternagesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur 'n hoë hand uitgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het die farao, die koning van Egipte, koppig gemaak sodat hy die Israeliete agtervolg het, maar die Israeliete het onder die beskerming van God verder getrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het die hart van die farao, die koning van Egipte, verhard, en hy het die Israeliete agtervolg, terwyl die Israeliete, gelei deur 'n verhewe hand, uitgetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die farao, die koning van Egipte, hardkoppig gemaak. Hy het die Israeliete gevolg en gejaag, maar die Here het die Israeliete beskerm toe hulle weggegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die farao kop laat verloor. Hy het soos ’n mal ding agter die Israeliete aan gestorm. Die Here het Israel egter teen die Egiptenaars beskerm. |