Exodus 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle kan volg; en Ek sal geëer word aan Farao en oor sy hele leër; sodat die Egiptenaars kan weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die farao weer hardkoppig maak. Hy gaan julle agternasit. Die farao en sy leër gaan egter teen My verloor. Die Egiptenaars sal moet erken dat Ek die Here is.” Die Israeliete het toe daar kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die farao weer koppig maak, sodat hy julle agtervolg, en Ek sal my mag laat geld teen hom en sy leër. Dan sal Egipte besef dat Ek die Here is.” Die Israeliete het die bevele uitgevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die farao se hart verhard en hy sal hulle agtervolg, sodat Ek deur my optrede teenoor die farao en sy hele leër, agting kan afdwing, en sodat die Egiptenare sal weet dat Ek die Here is. ” Die Israeliete het toe so gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die farao hardkoppig maak en hy sal die Israeliete volg en jaag. Ek sal die farao en al sy soldate oorwin en doodmaak. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here is.” Die Israeliete het toe gedoen soos Moses vir hulle gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan die farao weer hardkoppig maak. Hy gaan die Israeliete agternasit. Die farao en sy hele weermag sal uiteindelik voor My moet buig. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.” Die Israeliete het toe so gemaak. |