Exodus 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Israel het daardie groot werk gesien wat die HERE aan die Egiptenaars gedoen het, en die volk het die HERE gevrees en die HERE en sy kneg Moses geglo. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete sien met hoeveel mag die Here teen Egipte veg, het hulle respek gekry vir die Here. Hulle het in Hom geglo en was oortuig dat Hy Moses gebruik om vir Hom te werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg. |
| Afrikaans 1983 | Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Israel die magtige daad sien wat die Here teen Egipte gedoen het, het die volk vir die Here ontsag gehad en hulle vertroue in die Here en in sy dienskneg, Moses, gestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gesien dat die Here kan doen wat Hy wil doen. Hy het die Egiptenaars doodgemaak. Die Israeliete het bang geword vir die Here en hulle het Hom gerespekteer. Hulle het geglo in die Here en in sy dienaar Moses. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het gesien hoe die Here met vernietigende krag teen Egipte geveg het. Die volk het baie groot respek vir die Here gekry. Hulle het in die Here geglo. Hulle het ook begin glo dat die Here Moses na hulle toe gestuur het. |