Exodus 14:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die HERE Israel daardie dag verlos uit die hand van die Egiptenaars; en Israel het die Egiptenaars dood aan die seestrand gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 So het die Here Israel daardie dag van Egipte bevry. Die Israeliete het gesien hoe die lyke van die Egiptenaars op die strand uitgespoel het.
Afrikaans 1933/1953 So het die HERE Israel dan die dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.
Afrikaans 1983 Die Here het Israel daardie dag gered van Egipte, en die Israeliete het die Egiptenaars dood op die strand sien lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het Israel op daardie dag uit die hand van die Egiptenare verlos. Israel het die Egiptenare dood sien lê aan die kant van die see.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die Israeliete daardie dag gered van die Egiptenaars. Die Israeliete het gesien dat die Egiptenaars dood lê langs die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het die Here daardie dag vir Israel uit die kloue van die Egiptenaars gered. Die Israeliete het die lyke van die Egiptenaars op die strand sien lê.