Exodus 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die kinders van Israel het op droë grond in die middel van die see gewandel; en die waters was vir hulle 'n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het egter op droë grond deur die middel van die see getrek, terwyl die water soos mure alkante van hulle gestaan het.
Afrikaans 1933/1953 Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter-- en aan hul linkerkant.
Afrikaans 1983 Maar die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het deur die middel van die see op droë grond getrek, terwyl die water vir hulle 'n muur was aan hulle linker- en regterkant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het op die grond deur die see gegaan. Die water was vir hulle soos 'n muur langs hulle regter-kant en langs hulle linker-kant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het op droë grond deur daardie see getrek. Vir hulle was die water soos twee mure waartussen jy deurgeloop het.