Exodus 14:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die waters het teruggekeer en die strydwaens en die ruiters en die hele leër van Farao wat agter hulle in die see ingekom het, oordek; daar het nie soveel as een van hulle oorgebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die water het oor die oorlogwaens gestroom en ook bo-oor die leër van die farao. Nie een van die Egiptenaars wat die Israeliete agternagesit het, het daardie dag weggekom nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
Afrikaans 1983 Toe die water terugstroom, was die strydwaens en bemanning, die hele leërmag van die farao wat agter die Israeliete aan die see in is, tóé onder die water. Daar het nie een van hulle oorgebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die water terugstroom, het dit die strydwaens en bemanning van die farao se hele leër wat agter die Israeliete in die see ingegaan het, verswelg. Nie eers een van hulle het oorgebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die water het teruggekom, en die see het die oorlogkarre toegemaak, dit het ook die manne daarop en al die soldate van die farao toegemaak, almal wat die Israeliete gevolg het in die see in. Nie een van hulle het oorgebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die water oor hulle terugvloei, het die oorlogswaens met hulle bemanning en al onder die water verdwyn. Van die hele leër van die farao wat agter die Israeliete aan is die see in, het daar nie ’n enkele een oorgebly nie.