Exodus 14:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teruggekeer in sy sterkte toe die môre aanbreek; en die Egiptenaars het daarteen gevlug; en die HERE het die Egiptenaars in die middel van die see omgekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die son besig was om op te kom het Moses sy hand oor die see uitgestrek. Die water het teruggestroom na sy ou plek toe. Die Egiptenaars het voor die water probeer vlug, maar die Here het hulle in die golwe laat verdrink.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.
Afrikaans 1983 Moses steek toe sy hand oor die see uit. Teen dagbreek het die see teruggestroom oor sy bodem en die Egiptenaars het hulle teen die water vasgevlug: die Here het hulle deur die see laat meesleur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het sy hand uitgestrek oor die see, en die see het teen die oggend na sy gewone plek teruggestroom. Die Egiptenare het gevlug vir die naderende water. Maar die Here het die Egiptenare in die middel van die see gewerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het sy hand na die see toe gehou, en toe dit die volgende oggend begin lig word, het die see teruggespoel soos dit voorheen was. Die Egiptenaars wou weghardloop, maar die water het oor hulle gespoel. So het die Here die Egiptenaars in die see laat verdrink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het sy hand oor die see uitgesteek. Teen dagbreek het die see weer begin terugloop na waar dit vroeër was. Die Egiptenaars het voor die water probeer padgee, maar die Here het hulle in die see laat verdrink.