Exodus 14:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir Moses gesê: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugkeer oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe vir Moses gesê: “Steek weer jou hand uit oor die see. Die water sal terugstroom oor die Egiptenaars, oor hulle oorlogwaens en hulle bemanning.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.
Afrikaans 1983 Maar die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor die see sodat die water oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en bemanning kan stroom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit oor die see, sodat die water terugstroom oor die Egiptenare, oor hulle strydwaens en die bemanning.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê toe vir Moses: “Hou jou hand weer oor die see. Dan sal die water terugkom oor die Egiptenaars, oor hulle oorlogkarre en oor die manne daarop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê toe vir Moses: “Steek weer jou hand oor die see uit. Die waters sal terugstroom oor Egipte, oor sy oorlogswaens en hulle manskappe.”