Exodus 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle wawiele afgehaal, sodat hulle hulle swaar laat ry het, sodat die Egiptenaars gesê het: Laat ons vlug voor die aangesig van Israel; want die HERE veg vir hulle teen die Egiptenaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die wiele van hulle oorlogwaens laat vasval sodat hulle nie kon beweeg nie. “Laat ons padgee van Israel!” het die Egiptenaars geskreeu. “Die Here veg in Israel se plek teen ons.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die wiele van hulle strydwaens laat uitval, sodat hulle skaars kon beweeg. Toe sê die Egiptenaars: “Ons moet wegkom van die Israeliete af, want die Here veg vir hulle teen Egipte.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die wiele van hulle strydwaens laat vasval, sodat hulle met moeite vorentoe kon beweeg. Toe sê die Egiptenare: “Ons moet van Israel af wegvlug, want die Here self veg vir hulle teen Egipte.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die oorlogkarre se wiele laat uitval sodat die karre nie vorentoe kon beweeg nie. Toe sê die Egiptenaars: “Ons moet wegvlug van die Israeliete, want die Here veg vir hulle teen ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hulle strydwaens se wiele so laat vasval in die seesand dat hulle glad nie kon beweeg nie. Die Egiptenaars het vir mekaar begin sê: “Ons moet wegkom van hierdie Israeliete af. Die Here is besig om aan hulle kant teen ons te veg.” |