Exodus 14:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat die HERE in die môrewag deur die vuurkolom en wolk na die leër van die Egiptenaars gekyk het, en die leër van die Egiptenaars in die wiele gery het.
Afrikaans (NLV) 2011 Vroegoggend het die Here van bo uit die wolk van vuur en uit die stapelwolk op die leër van die Egiptenaars afgekyk. Hy het verwarring onder hulle laat ontstaan.
Afrikaans 1933/1953 En in die môre waak het die HERE, in die vuur-- en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.
Afrikaans 1983 In die vroeë môre het die Here uit die vuur- en wolkkolom afgekyk op die Egiptiese leër en verwarring onder hulle gesaai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen die laaste nagwaak het die Here uit die vuurkolom en die wolk afgekyk na die leër van Egipte. Toe het Hy verwarring veroorsaak in die leër van die Egiptenare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vroeg die volgende oggend het die Here uit die vuur en die wolk afgekyk na die Egiptenaars se soldate. Hy het die soldate baie bang laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voor die dag breek, so teen die einde van die nagwaak, het die Here vanuit die bol vuur op die Egiptiese leër afgekyk. Hy het toe gemaak dat daar verwarring onder die Egiptenaars ontstaan het.