Exodus 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Egiptenaars het agtervolg en agter hulle aan gegaan tot in die middel van die see, al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Egiptenaars is toe agter hulle aan met al die farao se perde en sy oorlogwaens en hulle bemanning, reguit die see in. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek -- al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters -- die see in. |
| Afrikaans 1983 | Die Egiptenaars het hulle agternagesit: die farao se perde, strydwaens en bemanning is almal agter hulle aan die see in. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Egiptenare het hulle agtervolg, en al die perde van die farao, sy strydwaens en bemanning het agter hulle ingegaan na die middel van die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars het die Israeliete gevolg tot binne-in die see. Al die farao se perde en sy oorlogkarre en die manne daarop het in die see ingegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptenaars het hulle toe agternagesit. Hulle is agter hulle aan die see in met hulle perde en hulle oorlogswaens met die manne op. |