Exodus 14:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het op droë grond in die middel van die see gegaan, en die waters was vir hulle 'n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het op droë grond deur die see getrek met die water soos mure aan weerskante van hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter-- en aan hul linkerkant. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het op droë grond in die middel van die see ingegaan, terwyl die water vir hulle 'n muur aan hulle linker- en regterkant was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het op die grond deur die see gegaan. Die water was vir hulle soos 'n muur langs hulle regter-kant en langs hulle linker-kant. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het op grond wat droog was, deur die see getrek. Die water was soos twee mure aan weerskante van hulle. |