Exodus 14:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het sy hand oor die see uitgesteek; en die HERE het die see daardie hele nag deur 'n sterk oostewind laat terugtrek en die see droog gemaak, sodat die waters verdeel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe sy hand oor die see uitgesteek. Die Here het die water teruggedryf met ’n sterk oostewind wat deur die nag gewaai het. Die water het oopgekloof en die seebodem het droog geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. |
| Afrikaans 1983 | Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met 'n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het sy hand oor die see uitgestrek, en die Here het met 'n sterk oostewind, wat die hele nag lank gewaai het, die see laat terugtrek. Hy het die see droë grond gemaak; die water is oopgekloof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het sy hand oor die see gehou, en die Here het 'n sterk oostewind gestuur. Die wind het die hele nag gewaai en die water weggestoot. Daar was 'n pad deur die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het sy hand oor die see uitgesteek. Die Here het dwarsdeur die nag ’n sterk oostewind oor die see laat waai. Die see het weggetrek en die wind het ’n pad van droë grond deur die see drooggewaai. |