Exodus 14:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het tussen die laer van die Egiptenaars en die laer van Israel gekom; en dit was vir hulle 'n wolk en duisternis, maar dit het vir hulle snags verlig, sodat die een die hele nag na die ander nie gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 sodat dit gehang het tussen die plek waar die Israeliete kamp opgeslaan het en waar die Egiptiese kamp was. Dit was donker aan Egipte se kant, maar gedurende die nag was dit lig aan Israel se kant. Die twee groepe kon nie deur die nag nader aan mekaar kom nie.
Afrikaans 1933/1953 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.
Afrikaans 1983 tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Aan die Egiptiese kant was die wolk donker en aan die Israelitiese kant het dit die nag verlig. Die hele nag deur het die twee groepe nie nader aan mekaar gekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het tussen die leër van Egipte en die leër van Israel ingeskuif. Die wolk het daar gebly en toe dit donker word, het dit die nag verlig. Maar die hele nag lank het die een nie nader aan die ander beweeg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wolk was toe tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Die wolk was donker by die Egiptenaars maar by die Israeliete het die wolk in die nag lig gegee. Die Egiptenaars en die Israeliete kon daardie nag nie naby mekaar kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het tussen die Israeliete en die leër van die Egiptenaars ingeskuif. Die wolk het dit in die nag lig gemaak aan Israel se kant en donker aan die Egiptenaars se kant. Dit het die twee groepe uit mekaar gehou sodat hulle nie gedurende die nag nader aan mekaar kon kom nie.