Exodus 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel dat hulle omdraai en laer opslaan voor Pihagirot, tussen Migdol en die see, teenoor Baäl-Sefon; daarvoor moet julle laer opslaan by die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete hulle moet wegdraai en gaan kamp opslaan by Pi-Hagirot. Hulle kamp moet langs die see staan reg teenoor Baäl-Sefon, tussen Migdol en die see. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-H girot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see. |
| Afrikaans 1983 | “Beveel die Israeliete om weg te draai en kamp op te slaan naby Pi-Hagirot tussen Migdol en die see. Regoor Baäl-Sefon by die see moet julle kamp opslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met die Israeliete, sodat hulle van rigting verander en kamp opslaan voor Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle kamp opslaan by die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Sê vir die Israeliete hulle moet omdraai en hulle moet hulle tente opslaan by Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Hulle moet by Baäl-Sefon hulle tente opslaan by die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die Israeliete hulle moet wegdraai en kamp gaan opslaan by Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Dit is regoor Baäl-Sefon naby die see. |