Exodus 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel van God wat voor die laer van Israel uitgetrek het, het weggetrek en agter hulle aan gegaan; en die wolkkolom het voor hulle aangesig weggetrek en agter hulle gaan staan.
Afrikaans (NLV) 2011 God se boodskapper wat die optog van Israel gelei het, het toe agter hulle gaan staan. Die wolkkolom wat voor hulle uit beweeg het, het ook agter hulle ingeskuif
Afrikaans 1933/1953 En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;
Afrikaans 1983 Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •Engel van God, wat die hele tyd voor die leër van Israel uit getrek het, het toe agter hulle in beweeg. Die wolkkolom het ook van voor hulle weggeskuif en agter hulle plek ingeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here was altyd voor die Israeliete, maar Hy het nou agter hulle gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man uit die hemel wat God voor die Israeliete laat uitgaan het wanneer hulle op pad was, het toe aan hulle agterkant gaan staan. Die wolk in die lug wat voor hulle uitgegaan het, het ook aan hulle agterkant gaan staan.