Exodus 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, as Ek My aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters vereer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Ek klaar is met die farao, sy oorlogwaens en sy ruiters, sal Egipte weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Ek my mag laat geld teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Egiptenare sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek agting afdwing deur my optrede teenoor die farao, sy strydwaens en bemanning.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Ek dit doen, dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |