Exodus 14:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek, kyk, Ek sal die harte van die Egiptenaars verhard, en hulle sal hulle volg; en Ek sal My eer aan Farao en aan sy hele leër, aan sy strydwaens en aan sy ruiters verkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om agter die Israeliete aan te gaan. Ek sal beroemd word deur wat Ek met die farao, sy hele leër, sy waens en sy ruiters gaan maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil My verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die Egiptenaars so koppig maak dat hulle die Israeliete sal agtervolg. So sal Ek my mag laat geld teenoor die farao en sy hele leër: strydwaens en bemanning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat My betref, kyk, Ek gaan die hart van die Egiptenare verhard, sodat hulle agter hulle ingaan. Dan sal Ek agting afdwing deur my optrede teenoor die farao en sy hele leër, sy strydwaens en bemanning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die Egiptenaars hardkoppig maak. Hulle sal julle deur die see volg. Dan sal Ek wys dat Ek die God is wat kan doen wat Ek wil doen met die farao en al sy soldate en met sy oorlogkarre en die manne daarop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [17-18] Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om hulle agterna te sit en agter hulle aan te gaan die see in. Wanneer Ek met die farao en sy hele leërmag en sy oorlogswaens en hulle perde klaargespeel het, sal Ek vereer word. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.” |