Exodus 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is dit nie die woord wat ons in Egipte aan jou gesê het nie: Laat ons staan, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit was vir ons beter om die Egiptenaars te dien as dat ons in die woestyn sou sterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het ons nie vir jou gesê om ons met rus te laat toe ons nog in Egipte slawe was nie? Dit was beter om slawe vir die Egiptenaars te wees as om lyke in die woestyn te wees!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Is d¡t nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Ons het jou mos in Egipte gesê om ons te laat staan dat ons vir die Egiptenaars werk. Dit is vir ons beter om vir hulle te werk as om hier in die woestyn om te kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit nie presies waaroor ons met jou in Egipte gepraat het nie, toe ons gesê het, ‘Laat ons met rus, sodat ons vir die Egiptenare kan werk! Dit is immers vir ons beter om vir die Egiptenare te werk as om in die woestyn te sterf.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het vir jou in Egipte gesê jy moet ons los sodat ons die Egiptenaars se slawe kan wees. Dit is vir ons beter om hulle slawe te wees, beter as om in die woestyn dood te gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het ons nie in Egipte al vir jou gesê nie: ‘Los ons uit, dat ons eerder vir Egipte kan werk’? Dis tog baie beter om slawe in Egipte te wees as om hier in die woestyn dood te gaan!” |