Exodus 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle vir Moses: Omdat daar geen grafte in Egipte was nie, het jy ons weggeneem om in die woestyn te sterwe? waarom het U so met ons gehandel om ons uit Egipte uit te lei?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook by Moses gaan kla: “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons daar te begrawe nie dat jy ons hiernatoe moes bring om hier in die woestyn te sterf? Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat trek?
Afrikaans 1933/1953 En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het?
Afrikaans 1983 Hulle het vir Moses gesê: “Is daar nie begraafplek in Egipte nie dat jy ons saamsleep om in die woestyn te sterwe? Wat het jy ons aangedoen dat jy ons uit Egipte laat trek het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê vir Moses: “Is dit omdat daar geen grafte in Egipte is nie, dat jy ons saamgeneem het om in die woestyn te sterf? Wat het jy ons aangedoen deur ons uit Egipte uit te lei!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar vir Móses het hulle gesê: “Daar was baie plek in Egipte waar die mense ons kon begrawe. Hoekom het jy ons daar weggevat om in die woestyn dood te gaan? Wat het jy aan ons gedoen? Hoekom het jy ons uit Egipte gebring?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Moses ook begin verwyt: “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons sommer daar al te begrawe nie? Moes jy ons hier na die woestyn toe bring dat ons hier kan doodgaan en hier begrawe word? Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat padgee?