Exodus 14:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Farao nader kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, die Egiptenaars trek agter hulle aan; en hulle was baie bevrees, en die kinders van Israel het die HERE aangeroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao het hulle begin inhaal. Toe die Israeliete sien dat die Egiptenaars agter hulle aan is, het hulle baie bang geword. Hulle het by die Here begin pleit om hulle te help. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot die HERE geroep. |
| Afrikaans 1983 | Toe die farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die farao nader kom, kyk die Israeliete op, en daar is die Egiptenare besig om teen hulle op te ruk! Hulle was angsbevange. Die Israeliete roep toe na die Here om hulp, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die farao nader kom, het die Israeliete gesien dat die Egiptenaars hulle volg en jaag, en hulle het baie bang geword. Hulle het tot die Here gebid en hulle het Hom gevra om hulle te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl die farao al nader kom, het die Israeliete hulle nekke gerek om te sien wat aan die gang is. Toe hulle sien dis die Egiptenaars wat agter hulle aan is, het hulle hulle boeglam geskrik. Hulle het die Here begin soebat om hulle tog te help. |