Exodus 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet jou seun op dié dag te kenne gee en sê: Dit is gedoen ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle moet op die dag van die fees aan julle kinders vertel waaroor dit gaan. Julle moet vir hulle verduidelik: ‘Ons vier fees oor wat die Here vir ons gedoen het toe ons uit Egipte weg is.’
Afrikaans 1933/1953 En jy moet jou seun op die dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
Afrikaans 1983 Op die feesdag moet elkeen vir sy kinders vertel: ‘Dit is oor wat die Here vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet jou seun op daardie dag inlig en sê, ‘Dit is ter herdenking van wat die Here vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op hierdie dag moet julle vir julle kinders vertel: ‘Ons vier hierdie fees omdat die Here ons gehelp het toe ons weggegaan het uit Egipte.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag moet julle vir julle kinders vertel hoekom julle die fees hou. Julle moet vir hulle vertel dat dit oor die dinge is wat die Here vir julle gedoen het toe Hy julle uit Egipte laat loskom het.