Exodus 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag moet 'n fees vir die HERE wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet sewe dae lank brood eet wat nie met suurdeeg gemaak is nie. Op die sewende dag moet julle feesvier vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet, en die sewende dag is 'n feesdag tot eer van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe dae lank moet jy ongesuurde brood eet, en op die sewende dag moet daar 'n fees ter ere van die Here wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet, en op die sewende dag moet julle 'n fees vier om die Here te eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [6-7] “Vir die sewe dae van die paasfees mag julle niks eet waarin daar suurdeeg is nie. Daar mag selfs nie eens ’n brood met suurdeeg in of ’n stukkie suurdeeg by julle te vind wees in hierdie tyd nie. Op die sewende dag moet julle ’n fees hou vir die Here. |