Exodus 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal wees wanneer die HERE jou sal bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dat jy hierdie diens in hierdie maand moet onderhou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet altyd gedurende hierdie maand die fees vier wanneer die Here julle eendag in die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete gebring het. Dit is ’n vrugbare land wat die Here aan ons voorgeslagte belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het met 'n eed aan julle voorvaders belowe om vir julle die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete te gee. Wanneer Hy julle bring in die land wat oorloop van melk en heuning, moet julle die volgende verpligting in hierdie maand nakom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die Here jou bring in die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die •Amoriete, die Hewiete en die Jebusiete, die land wat Hy jou voorvaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, moet jy in hierdie maand die volgende gebruik handhaaf: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle bring na die land van die Kanaäniete en die Hetiete en die Amoriete en die Hewiete en die Jebusiete. Hy het vir julle voorvaders belowe dat Hy daardie land vir julle sal gee. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is. As julle daar kom, dan moet julle elke jaar in hierdie maand die fees vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer julle in die land aankom waar die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete op die oomblik bly, moet julle elke jaar op hierdie dag die paasfees vier. Die Here het julle voorouers belowe dat Hy daardie land aan julle sal gee. Dit is ’n baie vrugbare land. |