Exodus 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses aan die volk: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgetrek het; want deur sterkte van hand het die HERE julle uit hierdie plek uitgelei; geen gesuurde brood mag geëet word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir die volk gesê: “Ons moet altyd hierdie dag onthou waarop ons weg is uit Egipte waar ons slawe was. God het ons met sy groot krag daar uitgelei. (Onthou om nie op hierdie dag iets met suurdeeg te eet nie.)
Afrikaans 1933/1953 Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.
Afrikaans 1983 Moses het vir die volk gesê: “Onthou die dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het, want dit is deur sy groot mag dat die Here julle daaruit bevry het. Julle mag op dié dag niks met suurdeeg in eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir die volk gesê: “Herdenk hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het; want deur 'n sterk hand het die Here julle hier uitgelei. Iets wat suurdeeg bevat, mag nie geëet word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die volk gesê: “Julle moet altyd hierdie dag onthou, die dag toe julle weggegaan het uit Egipte. Julle was hier slawe, maar die Here het julle met sy groot krag gehelp om weg te gaan van hier. Daarom mag julle in hierdie tyd nie brood eet waarin daar suurdeeg is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het op sy beurt vir die volk gesê: “Julle moet altyd hierdie dag onthou waarop julle weg is uit Egipte. Julle was slawe in Egipte. Die Here het julle egter met sy groot krag uit hierdie land losgekry. Dit is die dag waarop julle nie brood mag eet wat met suurdeeg gemaak is nie.